Afrikaans 1983

Psalms 141:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Soos 'n land vol kluite lê as die ploeër dit oopbreek,so sal hulle bene versprei lê by die bek van die doderyk.

8. Op U, Here my God aan wie ek behoort, is my oë gerig,by U skuil ek, moenie dat my lewe wegkwyn nie.

9. Beskerm my teen die strik wat hulle vir my gestel het,teen die valstrikke van dié wat onreg doen.

10. Laat die goddeloses gevang word in hulle eie nette,maar laat my ongedeerd verbykom.