Afrikaans 1983

Psalms 140:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. O Here my God aan wie ek behoort,my kragtige Redder,U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval.

9. Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here,moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela

10. Dié wat my van alle kante bedreig, verhef hulle teen U;laat hulle dreigemente hulleself tref.

11. Laat gloeiende kole op hulle val,gooi hulle in modderputtedat hulle nie weer daar uitkom nie.

12. Laat daar geen skindertong in die land wees nie,laat onheil dié wat geweld pleeg, elke keer weer tref!

13. Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose,Hy sorg vir die reg van die arme.

14. Die regverdiges sal u Naam loof,die opregtes sal by U woon.