Afrikaans 1983

Psalms 140:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2. Red my van mense wat sleg is, Here,beskerm my teen mense wat geweld pleeg,

3. wat slegte dinge bedinken elke dag vyandskap aanblaas.

4. Hulle tonge is so giftig soos slange,hulle woorde so venynig soos adders. Sela

5. Hou my uit die mag van die goddeloses, Here,beskerm my teen mense wat geweld wil pleeg,wat planne maak om my uit die pad te kry.

6. Hovaardige mense stel vir my strikke,hulle span toue om my te vang,hulle stel 'n valstrik op my pad. Sela

7. Ek sê vir die Here: U is my God!Here, luister tog na my smeekgebed.

8. O Here my God aan wie ek behoort,my kragtige Redder,U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval.

9. Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here,moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela