Afrikaans 1983

Psalms 136:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy het die aarde op die waters gevestig.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

7. Hy het die groot hemelligte gemaak,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

8. die son om te heers oor die dag,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

9. die maan en die sterre om te heers oor die nag.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

10. Hy het die Egiptenaars getref met die dood van hulle eersgeborenesAan sy liefde is daar geen einde nie.

11. en Israel onder hulle uit geleiAan sy liefde is daar geen einde nie.

12. met sy groot mag en krag.Aan sy liefde is daar geen einde nie.