Afrikaans 1983

Psalms 136:18-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. magtige konings laat sneuwel:Aan sy liefde is daar geen einde nie.

19. koning Sihon van die Amoriete,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

20. koning Og van Basan.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

21. Hy het hulle land as geskenk gegee,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

22. as geskenk aan Israel, sy dienaar.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

23. Hy het aan ons gedink in ons vernederingAan sy liefde is daar geen einde nie.

24. en ons uit die mag van ons teëstanders bevry.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

25. Hy gee voedsel aan al wat lewe.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

26. Loof die God van die hemel!Aan sy liefde is daar geen einde nie.