Afrikaans 1983

Psalms 136:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Loof die Here, want Hy is goed.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

2. Loof die oppermagtige God.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

3. Loof die magtigste van alle maghebbers.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

4. Hy het magtige dade gedoen, Hy alleen.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

5. Hy het die hemel met soveel insig gemaak.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

6. Hy het die aarde op die waters gevestig.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

7. Hy het die groot hemelligte gemaak,Aan sy liefde is daar geen einde nie.