Afrikaans 1983

Psalms 135:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Alles wat die Here wil, doen Hy,in die hemel en op aarde,in die see, in al die oseane.

7. Hy laat die wolke opkom oor die horison,Hy maak die weerligstrale vir die reënen bring die wind te voorskyn.

8. Hy het die eerstelinge in Egipte getref,mense sowel as diere;

9. Hy het oor jou, Egipte, groot en skrikwekkende dinge gebring,oor die farao en al sy amptenare;

10. Hy het baie nasies verslaanen magtige konings laat sneuwel:

11. koning Sihon van die Amoriete,koning Og van Basan,en al die konings in Kanaän.

12. Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee,as geskenk aan sy volk.

13. Here, U is altyd daar,U is daar van geslag tot geslag.