Afrikaans 1983

Psalms 135:15-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Wat die nasies het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande;

16. 'n mond het hulle, maar praat kan hulle nie,oë het hulle, maar sien kan hulle nie;

17. ore het hulle, maar hoor kan hulle nie,hulle haal nie asem nie.

18. Wie hulle maak en op hulle vertrou,sal net soos hulle word.

19. Huis van Israel, loof die Here,huis van Aäron, loof die Here,

20. huis van Levi, loof die Here,julle wat die Here dien, loof die Here!

21. Aan die Here kom die lof uit Sion toe,aan Hom wat in Jerusalem woon!Prys die Here!