Afrikaans 1983

Psalms 132:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ons het van die verbondsark gehoor in Efrata,ons het dit gevind in die Jaärsveld.

7. Kom ons gaan sy woning binne,kom ons buig daar in aanbidding voor Hom.

8. Kom na u rusplek toe, Here,U en die ark, die teken van u mag.

9. Gee aan u priesters die oorwinning,laat u troue dienaars juig.

10. Ter wille van u dienaar Dawid,moet tog nie u gesalfde verstoot nie.

11. Die Here het 'n eed teenoor Dawid afgelê,en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie:“Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word.

12. As jou nakomelinge hulle aan my verbond houen aan die verordeninge wat Ek hulle leer,sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.”

13. Ja, die Here het Sion gekiesen dit vir Hom as woning begeer:

14. “Dit is my rusplek vir altyd;hier wil Ek woon, dit is my begeerte.