Afrikaans 1983

Psalms 132:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Ja, die Here het Sion gekiesen dit vir Hom as woning begeer:

14. “Dit is my rusplek vir altyd;hier wil Ek woon, dit is my begeerte.

15. Ek sal Sion ryklik seën met wat hy nodig het,aan sy armes voedsel in oorvloed skenk.

16. Ek sal aan sy priesters die oorwinning geeen my troue dienaars sal juig.

17. Daar sal Ek die heerskappy vir Dawid vestig,vir my gesalfde 'n nageslag op die troon verseker.

18. Sy vyande sal Ek magteloos laat toekyk,maar sý kroon sal bly skitter.”