Afrikaans 1983

Psalms 121:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nieen Hy slaap nie.

5. Die Here beskerm jou,die Here bewaar jou van alle gevare.

6. Bedags sal die son jou nie steek nieen snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.

7. Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,jou lewe sal Hy beskerm.

8. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,nou en vir altyd.