92. As ek my nie in u wet verlustig het nie,het ek omgekom in my ellende.
93. Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie,want deur hulle het U my in die lewe gehou.
94. Ek behoort aan U, red my,want ek vra steeds wat u bevele is.
95. Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig,u verordeninge sal ek in ag bly neem.
96. Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het,net u gebod het geen begrensing nie.
97. Hoe lief het ek u wet!Dit bly my elke oomblik by.
98. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het,en is altyd by my.
99. Ek munt uit bo al my leermeesters,want u verordeninge bly my by.
100. Ek het meer insig as ouer mense,want ek gehoorsaam u bevele.
101. Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehousodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord.
102. Van u bepalings het ek nie afgewyk nie,want U het my dit geleer.
103. Hoe aangenaam is u woord,soeter as heuning in die mond.
104. U bevele gee my insig,daarom haat ek elke verkeerde pad.
105. U woord is die lamp wat my die weg wys,die lig op my pad.