75. Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is.Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou.
76. Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde,soos U my beloof het.
77. Ontferm U oor my, dat ek kan lewe,want ek verlustig my in u wet.
78. Laat die hovaardige mense die slegste daarvan afkom,want hulle het my vals beskuldig;u bevele bly my altyd by.
79. Laat dié wat U dien en u verordeninge ken,aan my kant wees.
80. Laat my volledig by u voorskrifte bly,sodat ek nooit raad-op sal wees nie.
81. Ek smag na u redding,ek vertrou op u woord.
82. Ek sien verlangend uit na die vervulling van u belofteen vra: “Wanneer gee U tog vir my uitkoms?”
83. Ek het verskrompel soos 'n velsak in die rook,maar u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie.
84. Hoe lank moet ek nog so lewe?Wanneer straf U my vervolgers?
85. Die hovaardiges, wat nie volgens u wet lewe nie,het vir my meer as een keer 'n gat gegrawe om in te val.
86. Op al u gebooie kan ek my verlaat.Help my, want dié mense vervolg my sonder rede.
87. Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn,maar u bevele het ek nie verontagsaam nie.
88. Hou my in die lewe omdat U my liefhet,dan sal ek u onderwysing gehoorsaam.
89. U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.
90. U trou is van geslag tot geslag;U het die aarde gemaak, en dit staan vas.