Afrikaans 1983

Psalms 119:7-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. U bepalings is regverdig;as ek hulle ter harte neem,sal ek U loof met 'n opregte hart.

8. Ek sal my aan u voorskrifte hou:moet my tog nooit verlaat nie.

9. Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou?Deur hom te hou aan u woord!

10. Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart,laat my nie afwyk van u gebooie nie.

11. Aan u beloftes hou ek vas,dit weerhou my van sonde teen U.

12. Aan U kom die lof toe, Here,leer my u voorskrifte.

13. Al u bepalings wil ek een vir een opnoem.

14. Om volgens u verordeninge te lewe,gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.

15. U bevele bly my altyd by.Ek gee ag op die pad wat U aanwys.

16. Ek verlustig my in u voorskrifte,u woord vergeet ek nie.

17. Doen goed aan u dienaar, dan sal ek leween u woord gehoorsaam.

18. Maak my oë oopdat ek die kragtige werking van u wet ervaar.

19. Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese:laat my tog nie sonder u gebooie wees nie.

20. Ek kwyn weg van verlange na u bepalings.

21. U straf die hovaardiges,die vervloektes wat van u gebooie afwyk.

22. Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie,want ek kom u verordeninge na.