61. Die goddeloses wou my in hulle strikke kry,maar ek het u wet nie verontagsaam nie.
62. Selfs in die middel van die nag staan ek opom U te loof vir u regverdige bepalings.
63. Ek is 'n vriend van almal wat U dienen u bevele gehoorsaam.
64. Die aarde is vol van u troue liefde, Here.Leer my u voorskrifte.
65. U het aan my goed gedoen, Here,soos U beloof het.
66. Gee my goeie insig en kennis,want ek stel my vertroue in u gebooie.
67. Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal,maar nou hou ek my aan u woord.
68. U is goed en U doen goed;leer my u voorskrifte.
69. Hovaardige mense beswadder my,maar ek voer u bevele uit met my hele hart.
70. Hulle staan koud teenoor u wet,maar ék verlustig my daarin.
71. Dit is vir my goed dat ek swaargekry het,want daardeur het ek u voorskrifte geleer.
72. U wet is vir my kosbaarderas 'n oorvloed van goud en silwer.
73. Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm;gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan.
74. Dié wat U dien, is bly as hulle my sien,want ek vertrou op u woord.
75. Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is.Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou.
76. Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde,soos U my beloof het.