Afrikaans 1983

Psalms 119:44-60 Afrikaans 1983 (AFR83)

44. Ek wil u wet my hele lewe lank onderhou.

45. My lewe sal veilig wees,want ek vra steeds wat u bevele is.

46. Selfs voor die hoogste gesag sal ek u verordeningemet vrymoedigheid aanhaal.

47. In u gebooie, wat ek liefhet, sal ek my verlustig.

48. Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek al my hoop vestig.U voorskrifte sal my bybly.

49. Onthou tog u woord aan my,die woord waarop U my laat hoop het.

50. Dit is my troos in my ellende:dat u belofte my in die lewe hou.

51. Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur,maar van u wet het ek nie afgewyk nie.

52. Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here:dit gee my vertroue.

53. Ontsteltenis het my oorvaloor die goddeloses wat u wet verontagsaam.

54. U voorskrifte is vir my 'n liedin my lewe hier op aarde.

55. Selfs in die nag dink ek aan U, Here,en is ek gehoorsaam aan u wet.

56. Om u bevele uit te voer,is vir my die lewe.

57. Ek het gesê: “Dít is my lewe, Here,om u woord te gehoorsaam.”

58. Ek smeek U met my hele hart:“Wees my genadig, soos U beloof het.

59. Ek het die koers van my lewe oordinken na u verordeninge teruggekeer.

60. Ek talm nie, ek haas myom u gebooie te onderhou.”