37. Weerhou my van 'n nuttelose lewe,laat my leef op die weg wat U aanwys.
38. Vervul ook aan my die beloftewat U gegee het aan dié wat U dien.
39. Die venyn van mense, daarvoor is ek bang,moenie dat dit my tref nie.Maar u bepalings, dié is goed.
40. Ek wil u bevele nakom.Hou my in die lewe, want U is getrou.
41. Bewys aan my u troue liefde, Here,red my volgens u belofte.
42. Dan sal ek dié wat my vals beskuldig, kan antwoord,want ek vertrou op u woord.
43. Weerhou my tog van alles wat onwaar is.In u bepalings stel ek my vertroue.
44. Ek wil u wet my hele lewe lank onderhou.
45. My lewe sal veilig wees,want ek vra steeds wat u bevele is.
46. Selfs voor die hoogste gesag sal ek u verordeningemet vrymoedigheid aanhaal.
47. In u gebooie, wat ek liefhet, sal ek my verlustig.
48. Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek al my hoop vestig.U voorskrifte sal my bybly.
49. Onthou tog u woord aan my,die woord waarop U my laat hoop het.