Afrikaans 1983

Psalms 119:31-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

31. Ek hou vas aan u verordeninge, Here,moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie.

32. Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam,want U verryk my lewe.

33. Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer,sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.

34. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaamen dit met my hele hart kan onderhou.

35. Laat my wandel volgens u gebooie,want daarin vind ek vreugde.

36. U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê,nie die begeerte om myself te verryk nie.

37. Weerhou my van 'n nuttelose lewe,laat my leef op die weg wat U aanwys.

38. Vervul ook aan my die beloftewat U gegee het aan dié wat U dien.

39. Die venyn van mense, daarvoor is ek bang,moenie dat dit my tref nie.Maar u bepalings, dié is goed.