Afrikaans 1983

Psalms 119:19-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese:laat my tog nie sonder u gebooie wees nie.

20. Ek kwyn weg van verlange na u bepalings.

21. U straf die hovaardiges,die vervloektes wat van u gebooie afwyk.

22. Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie,want ek kom u verordeninge na.

23. Selfs al smee mense wat mag het, komplotte teen my,ek sal my hou aan wat U neergelê het.

24. U verordeninge is my vreugde,hulle is my raadgewers.

25. Ek verkeer in doodsgevaar,gee my nuwe lewe soos U in u woord beloof het.

26. Ek het my lewensloop aan U bekend gemaaken U het my gebed verhoor;leer my u voorskrifte.

27. Leer my hoe om u bevele uit te voer.Ek wil van u magtige dade vertel.

28. Ek kwyn weg van kommer,skenk my krag soos U in u woord beloof het.

29. Hou valsheid ver van my af,wees my genadig, leer my u wet.