Afrikaans 1983

Psalms 119:160-173 Afrikaans 1983 (AFR83)

160. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat.Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.

161. Maghebbers vervolg my sonder oorsaak,maar u woord is die enigste wat ek vrees.

162. Oor u woord is ek so blysoos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het.

163. Ek haat en verafsku leuens,maar u wet het ek lief.

164. Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings.Hulle is regverdig.

165. Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid;niks kan hulle laat struikel nie.

166. Ek vestig my hoop op hulp van U, Here,u gebooie gehoorsaam ek.

167. Ek kom u verordeninge na,ek het hulle baie lief.

168. U bevele en verordeninge gehoorsaam ek.My hele lewe lê oop voor U.

169. Gee tog ag op my geroep, Here,gee my insig soos U beloof het.

170. Luister tog na my smeekgebed,red my volgens u belofte.

171. Die lof sal oor my lippe stroom,want U leer my u voorskrifte.

172. Ek sal u woord besing,want al u gebooie is regverdig.

173. Help my tog altyd,want ek stel u bevele eerste.