Afrikaans 1983

Psalms 119:159-167 Afrikaans 1983 (AFR83)

159. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet.

160. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat.Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.

161. Maghebbers vervolg my sonder oorsaak,maar u woord is die enigste wat ek vrees.

162. Oor u woord is ek so blysoos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het.

163. Ek haat en verafsku leuens,maar u wet het ek lief.

164. Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings.Hulle is regverdig.

165. Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid;niks kan hulle laat struikel nie.

166. Ek vestig my hoop op hulp van U, Here,u gebooie gehoorsaam ek.

167. Ek kom u verordeninge na,ek het hulle baie lief.