151. U is by my, Here,alles wat U gebied het, staan vas.
152. Van lankal af weet ek van u verordeningedat U hulle altyd vas laat staan.
153. Aanskou tog my ellende en red my,want u wet het ek nie verontagsaam nie.
154. Behartig tog my saak en bevry my,hou my in die lewe volgens u belofte.
155. Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie,want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie.
156. U barmhartigheid is groot, Here,laat u bepalings geld, hou my in die lewe.
157. Ek het baie vervolgers en teëstanders,maar van u verordeninge wyk ek nie af nie.
158. Ek het die verraad van die ontroues gesien,en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie.
159. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet.
160. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat.Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.
161. Maghebbers vervolg my sonder oorsaak,maar u woord is die enigste wat ek vrees.