Afrikaans 1983

Psalms 119:147-159 Afrikaans 1983 (AFR83)

147. In die oggendskemer al roep ek om hulpen stel ek my vertroue in u woord.

148. Die hele nag lê ek wakkeren oorpeins ek u woord.

149. Handel volgens u liefde, Here, luister tog na my.Laat u bepalings geld, hou my in die lewe.

150. Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader,maar van u wet af bly hulle ver.

151. U is by my, Here,alles wat U gebied het, staan vas.

152. Van lankal af weet ek van u verordeningedat U hulle altyd vas laat staan.

153. Aanskou tog my ellende en red my,want u wet het ek nie verontagsaam nie.

154. Behartig tog my saak en bevry my,hou my in die lewe volgens u belofte.

155. Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie,want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie.

156. U barmhartigheid is groot, Here,laat u bepalings geld, hou my in die lewe.

157. Ek het baie vervolgers en teëstanders,maar van u verordeninge wyk ek nie af nie.

158. Ek het die verraad van die ontroues gesien,en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie.

159. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet.