Afrikaans 1983

Psalms 119:139-145 Afrikaans 1983 (AFR83)

139. Ontsteltenis verteer myomdat my teëstanders u woord verontagsaam.

140. U woord is baie suiwer,ek het dit lief.

141. Al is ek gering en verag,u bevele verontagsaam ek nie.

142. U is altyd getrou en regverdig,u wet staan altyd vas.

143. Al oorval angs en benoudheid my,in u gebooie bly ek my verlustig.

144. U verordeninge is altyd regverdig;gee my insig daarin, dat ek kan lewe.

145. Ek roep na U met my hele hart,verhoor tog my gebed, Here,ek wil u voorskrifte nakom.