Afrikaans 1983

Psalms 119:132-140 Afrikaans 1983 (AFR83)

132. Sien my in genade aansoos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet.

133. Laat u woord my op die regte pad hou;moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.

134. Bevry my van veronregting deur mense.Ek wil u bevele gehoorsaam.

135. Verskyn tog tot my redding,leer my u voorskrifte.

136. My trane vloei sonder ophouomdat die mense u wet nie onderhou nie.

137. U is regverdig, Here,wat U bepaal, is reg.

138. In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig.

139. Ontsteltenis verteer myomdat my teëstanders u woord verontagsaam.

140. U woord is baie suiwer,ek het dit lief.