Afrikaans 1983

Psalms 119:129-136 Afrikaans 1983 (AFR83)

129. U verordeninge is wonderlik,daarom kom ek hulle na.

130. Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig;dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

131. Met my hele wese smag ek na u gebooie,verlang ek daarna.

132. Sien my in genade aansoos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet.

133. Laat u woord my op die regte pad hou;moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.

134. Bevry my van veronregting deur mense.Ek wil u bevele gehoorsaam.

135. Verskyn tog tot my redding,leer my u voorskrifte.

136. My trane vloei sonder ophouomdat die mense u wet nie onderhou nie.