Afrikaans 1983

Psalms 119:119-128 Afrikaans 1983 (AFR83)

119. U verwyder al die goddeloses van die aarde afsoos waardelose skuim,daarom het ek u verordeninge lief.

120. Ek sidder van vrees vir U,ek het diepe ontsag vir u bepalings.

121. Ek het gedoen wat reg en regverdig is,moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie.

122. Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan,moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie.

123. Ek smag na die bevryding wat U bring,na u woord wat my red.

124. Handel met my volgens u troue liefde,leer my u voorskrifte.

125. Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge.

126. Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree.

127. Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud.

128. Daarom leef ek nougeset volgens al u beveleen haat ek elke verkeerde pad.