Afrikaans 1983

Psalms 118:25-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Red tog, Here,gee tog voorspoed, Here!

26. Prys hom wat in die Naam van die Here kom!Ons seën julle uit die huis van die Here.

27. Die Here is God; Hy skenk ons die lewe.Begin die fees! Wuif met takke!Gaan tot by die horings van die altaar.

28. U is my God, U wil ek loof;my God, u grootheid wil ek besing.

29. Loof die Here, want Hy is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie.