Afrikaans 1983

Psalms 118:17-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Ek sal nie sterwe nie, ek sal leween van die dade van die Here getuig.

18. Die Here het my swaar gekasty,maar my nie aan die dood oorgegee nie.

19. Maak die tempelpoort vir my oop:ek wil ingaan en die Here loof.

20. Dit is die poort na die Here toe;regverdiges mag daardeur ingaan.

21. Ek wil U loof omdat U my gebed verhooren my gered het.

22. Die klip wat deur die bouers afgekeur is,juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.

23. Dit is deur die Here gedoenen is 'n wonder in ons oë!

24. Dit is die dag wat die Here gemaak het;laat ons daaroor juig en bly wees.

25. Red tog, Here,gee tog voorspoed, Here!

26. Prys hom wat in die Naam van die Here kom!Ons seën julle uit die huis van die Here.

27. Die Here is God; Hy skenk ons die lewe.Begin die fees! Wuif met takke!Gaan tot by die horings van die altaar.

28. U is my God, U wil ek loof;my God, u grootheid wil ek besing.

29. Loof die Here, want Hy is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie.