Afrikaans 1983

Psalms 118:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars:“Die Here doen kragtige dade,

16. die Here triomfeer,die Here doen kragtige dade!”

17. Ek sal nie sterwe nie, ek sal leween van die dade van die Here getuig.

18. Die Here het my swaar gekasty,maar my nie aan die dood oorgegee nie.

19. Maak die tempelpoort vir my oop:ek wil ingaan en die Here loof.

20. Dit is die poort na die Here toe;regverdiges mag daardeur ingaan.