Afrikaans 1983

Psalms 116:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek het die Here lief,want Hy verhoor my smeekgebede.

2. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

3. Bande van die dood het my omsluit,doodsangs het my aangegryp,ek het benoud en bekommerd geword.

4. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep:“Here, red my tog!”

5. Die Here is genadig en regverdig,ons God ontferm Hom oor ons.

6. Die Here beskerm die hulpeloses:ek was magteloos, maar Hy het my gered.

7. Ek moet nou tot rus kom,die Here het goed aan my gedoen:

8. U het my van die dood gered,U het 'n einde gemaak aan my trane,U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.