Afrikaans 1983

Psalms 115:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Wie hulle maak en op hulle vertrou,sal net soos hulle word.

9. Israel, vertrou op die Here!Hy help en beskerm jou.

10. Huis van Aäron, vertrou op die Here!Hy help en beskerm jou.

11. Julle wat die Here dien, vertrou op die Here!Hy help en beskerm julle.

12. Die Here dink aan ons: Hy seën,Hy seën die huis van Israel,Hy seën die huis van Aäron,

13. Hy seën dié wat Hom dien,klein en groot.

14. Mag die Here julle talryk maak,julle én julle kinders.

15. Mag die Here julle seën,Hy wat hemel en aarde gemaak het.

16. Die hemel is net vir die Here,maar die aarde het Hy aan die mense gegee.

17. Nie die dooies prys die Here nie,nie dié wat die graf in is nie,

18. maar óns, ons prys die Here, nou en vir altyd!Prys die Here!