Afrikaans 1983

Psalms 115:4-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Wat húlle het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande.

5. 'n Mond het hulle, maar praat kan hulle nie,oë het hulle, maar sien kan hulle nie;

6. ore het hulle, maar hoor kan hulle nie;'n neus het hulle, maar ruik kan hulle nie.

7. Hulle hande, daarmee kan hulle nie voel nie,hulle voete, daarmee kan hulle nie loop nie.Daar kom geen geluid uit hulle keel nie.

8. Wie hulle maak en op hulle vertrou,sal net soos hulle word.

9. Israel, vertrou op die Here!Hy help en beskerm jou.

10. Huis van Aäron, vertrou op die Here!Hy help en beskerm jou.

11. Julle wat die Here dien, vertrou op die Here!Hy help en beskerm julle.

12. Die Here dink aan ons: Hy seën,Hy seën die huis van Israel,Hy seën die huis van Aäron,

13. Hy seën dié wat Hom dien,klein en groot.