Afrikaans 1983

Psalms 112:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie:hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.

9. Hy gee mildelik vir die armes.Wat hy doen, is reg en blywend.Hy geniet hoë aansien.

10. Die goddelose sien dit en raak ontsteld,hy kners op sy tande van magteloosheid.Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.