Afrikaans 1983

Psalms 112:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die regverdige sal nooit wankel nie,hy sal altyd onthou word.

7. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie,hy is gerus, hy vertrou op die Here.

8. Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie:hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.

9. Hy gee mildelik vir die armes.Wat hy doen, is reg en blywend.Hy geniet hoë aansien.