Afrikaans 1983

Psalms 109:23-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Soos 'n skaduwee wat lank word, is my einde naby,en ek word weggevee soos 'n sprinkaan.

24. My knieë knak al soos ek gevas het,my liggaam is uitgeteer en maer.

25. Ek het die spot van die mense geword;hulle kyk met veragting na myen knik met voldoening die kop.

26. Help my, Here my God,red my in u troue liefde,

27. dat mense kan weet dat dit u hand is,U, Here, wat dit gedoen het.

28. Húlle vloek my, maar U sal my seën.Hulle kla my aan, maar hulle sal verloor,en ek, u dienaar, sal bly wees.

29. Laat my teëstanders met skande oordek word,laat vernedering hulle aankleef soos hulle klere.

30. Dan sal ek my lof aan die Here laat weerklinken Hom voor 'n groot skare prys,

31. want Hy staan by die armeen red hom van dié wat hom ter dood wil veroordeel.