Afrikaans 1983

Psalms 109:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. U is die Here my God,handel met my só dat u Naam geëer sal word.U is goed en getrou, red my tog.

22. Ek is hulpeloos en arm,my hart is inmekaargekrimp in my.

23. Soos 'n skaduwee wat lank word, is my einde naby,en ek word weggevee soos 'n sprinkaan.

24. My knieë knak al soos ek gevas het,my liggaam is uitgeteer en maer.

25. Ek het die spot van die mense geword;hulle kyk met veragting na myen knik met voldoening die kop.

26. Help my, Here my God,red my in u troue liefde,

27. dat mense kan weet dat dit u hand is,U, Here, wat dit gedoen het.

28. Húlle vloek my, maar U sal my seën.Hulle kla my aan, maar hulle sal verloor,en ek, u dienaar, sal bly wees.