Afrikaans 1983

Psalms 109:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Om mense te vervloek, is vir hom soos klere dra,soos water drink,soos lyfolie aansmeer.

19. Laat sy vloek hom aankleef soos sy klere,soos 'n gordel wat hy deurentyd dra!”

20. Mag die Here dit alles oor my teëstanders laat kom,oor dié wat my sulke vreeslike dinge toewens.

21. U is die Here my God,handel met my só dat u Naam geëer sal word.U is goed en getrou, red my tog.

22. Ek is hulpeloos en arm,my hart is inmekaargekrimp in my.