Afrikaans 1983

Psalms 107:32-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Hulle moet van sy grootheid getuig in die volksvergadering,Hom prys in die byeenkoms van die leiers.

33. Hy verander waterryke gebied in woestyn,fonteinwêreld in dorsland,

34. Hy maak vrugbare grond brakoor die slegte dade van dié wat daar woon.

35. Hy verander woestyngebied in rietvlei,dor land in fonteinwêreld

36. en laat honger mense hulle daar vestigdat hulle stede kan stig om in te woon.

37. Hulle bewerk lande en plant wingerde,en dié lewer hulle oeste.

38. Hy seën hulle en hulle word vinnig meer,Hy laat hulle vee nie minder word nie.

39. En as die mense minder word en wegkwynonder die druk van teëspoed en moeilikheid,

40. dan is dit die magtiges wat Hy tref met vernederingen wat Hy laat ronddwaal in 'n wilde wêreld sonder pad.

41. Hy beskerm die armes teen verdrukkingen maak hulle nakomelinge so talryk soos kleinvee.

42. As die opregtes dit sien, is hulle bly:alle onreg het tot 'n einde gekom.

43. Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee,hulle moet let op die Here se dade van trou.