Afrikaans 1983

Psalms 107:24-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Hulle het die werk van die Here ervaar,sy wonderdade op die diep waters.

25. Op sy bevel het 'n stormwind opgesteeken die golwe opgejaag.

26. Die skepe het hemelhoog gestygen na die dieptes afgeduik.Die bemanning was radeloos van angs

27. en het soos dronk mense gesteier en gewaggel;al hulle seemanskuns het niks gehelp nie.

28. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.