Afrikaans 1983

Psalms 107:16-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. want Hy het koperdeure oopgebreek,ystergrendels stukkend geslaan.

17. Party het dwaas opgetree,en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde,het hulle in die ellende beland.

18. Alle kos het hulle laat walg,en hulle het by die dood omgedraai,

19. maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,en Hy het hulle bevry van hulle ellende.

20. Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak,hulle aan die dood laat ontkom.

21. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

22. Hulle moet dankoffers bringen met blydskap van sy dade getuig.

23. Party het met skepe die see bevaaren hulle bestaan op die groot waters gemaak.

24. Hulle het die werk van die Here ervaar,sy wonderdade op die diep waters.

25. Op sy bevel het 'n stormwind opgesteeken die golwe opgejaag.