Afrikaans 1983

Psalms 107:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Loof die Here, want Hy is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie!”

2. So moet die mense sê wat deur die Here bevry is,dié wat Hy uit hulle nood bevry het

3. en uit baie lande versamel het,uit die ooste en die weste,die noorde en die suide.

4. Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld,en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.

5. Hulle was honger en dors,hulle was uitgeput,

6. maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulpen Hy het hulle gered uit hulle ellende.

7. Hy het hulle op die regte pad gebringen by 'n bewoonde stad laat uitkom.

8. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

9. Hy het die dors geles van dié wat versmag het,Hy het die goeie in oorvloed gegeeaan dié wat honger gely het.

10. Party het in die donker gesit, in diep duisternis,hulle was gevangenes, in ellende en in boeie,

11. want hulle het hulle verset teen die bevele van God,hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.

12. Hy het hulle laat knak onder swaarkry,hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.

13. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,en Hy het hulle bevry van hulle ellende.

14. Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom,Hy het hulle boeie stukkend gebreek.

15. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen,