Afrikaans 1983

Psalms 106:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ons het gesondig, net soos ons voorvaders,ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig.

7. Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie,hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie,hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee.

8. Maar Hy het hulle gered ter wille van die eer van sy Naamen om sy mag bekend te maak.

9. Hy het die Rietsee aangespreek en dit het opgedroog,Hy het sy volk oor die seebodem laat trek soos oor droë grond.

10. So het Hy hulle gered uit die hand van hulle haters,hulle bevry uit die mag van die vyand.

11. Die waters het hulle teëstanders verswelg,nie één het oorgebly nie.

12. Tóé het sy volk sy beloftes gegloen sy lof besing.

13. Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen heten nie op sy leiding gewag nie.

14. Hulle het skaamteloos meer kos geëis in die woestyn,daar in die barre wêreld het hulle die geduld van God beproef.

15. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het,maar hulle van siekte laat wegteer.

16. Langs die trekpad het hulle hulle in afguns teen Moses verseten teen Aäron wat aan die Here gewy was.