Afrikaans 1983

Psalms 106:44-48 Afrikaans 1983 (AFR83)

44. Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie;Hy het hulle smeekgebede verhoor.

45. Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink,en in sy groot liefde was Hy genadig.

46. Hy het hulle medelye laat vindby dié wie se gevangenes hulle was.

47. Red ons, Here ons God,maak ons bymekaar tussen die volke uit,dat ons u heilige Naam kan loofen ons in u lof kan verheug.

48. Aan die Here die God van Israel kom die lof toetot in die allerverste toekoms.Die hele volk moet sê: “Amen!Prys die Here!”