Afrikaans 1983

Psalms 106:39-45 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. Die volk het hulle verontreinig deur hulle optredeen het troubreuk gepleeg deur hulle dade.

40. Die toorn van die Here het teen sy volk ontvlam,Hy het 'n weersin gekry in die volk wat aan Hom behoort

41. en hulle aan heidene oorgegee,sodat hulle haters oor hulle geheers het.

42. Hulle vyande het hulle verdruken hulle onder hulle gesag laat buig.

43. Talle kere het die Here sy volk gered,maar hulle het opstandig geblyen dieper in hulle sonde weggesink.

44. Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie;Hy het hulle smeekgebede verhoor.

45. Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink,en in sy groot liefde was Hy genadig.