Afrikaans 1983

Psalms 106:30-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. Pinehas het opgetree en die skuldiges gestraf,en die plaag het opgehou.

31. Dié optrede is deur al die geslagte heenvir Pinehas as 'n daad van geregtigheid toegereken.

32. Die volk het die Here se toorn by die Meribawaters laat ontvlam,en Moses het die wrange vrugte van hulle optrede gepluk:

33. hulle het hom so verbitterd laat raakdat hy onbesonne dinge gesê het.

34. Hulle het nie die ander volke uitgeroeisoos die Here hulle beveel het nie,

35. maar hulle met die heidene vermengen húlle praktyke aangeleer:

36. hulle het die afgode van die heidene begin dienen daarin verstrik geraak.

37. Hulle het hulle seuns en dogters aan veldduiwels geoffer

38. en onskuldige bloed vergiet,die bloed van hulle seuns en dogterswat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het.So is die land met bloed bevlek.