Afrikaans 1983

Psalms 106:19-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. By Horeb het hulle 'n kalf gemaak,voor 'n god van metaal gekniel.

20. Hulle het die magtige teenwoordigheid van Godverruil vir die beeld van 'n bees wat gras vreet.

21. So het hulle vir God, hulle redder, vergeet,Hy wat groot dinge in Egipte gedoen het,

22. wonderdade in die land van Gam,magtige dade by die Rietsee.

23. Die Here wou hulle verdelg,maar Moses, sy uitverkorene,het by Hom vir hulle in die bres getreeom sy gramskap af te keer,sodat Hy hulle nie vernietig het nie.

24. Hulle het 'n waardevolle land versmaaien die belofte van die Here nie geglo nie;

25. hulle het in hulle tente gesit en moren nie na die Here geluister nie.

26. Toe het Hy 'n eed afgelêdat Hy hulle in die woestyn sou laat omkom,

27. hulle nageslag sou laat sterf onder heidense nasies,hulle oor die wêreld sou verstrooi.

28. Hulle het Baäl-Peor aangehangen geëet van wat aan die dooie afgode geoffer is.

29. Hulle het die Here uitgetart met wat hulle gedoen het,en 'n plaag het onder hulle uitgebreek.

30. Pinehas het opgetree en die skuldiges gestraf,en die plaag het opgehou.