Afrikaans 1983

Psalms 106:13-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen heten nie op sy leiding gewag nie.

14. Hulle het skaamteloos meer kos geëis in die woestyn,daar in die barre wêreld het hulle die geduld van God beproef.

15. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het,maar hulle van siekte laat wegteer.

16. Langs die trekpad het hulle hulle in afguns teen Moses verseten teen Aäron wat aan die Here gewy was.

17. Toe het die aarde geskeur en vir Datan verslind,dit het die bende van Abiram verswelg.