Afrikaans 1983

Psalms 105:4-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Soek hulp en beskerming by die Here,soek gedurig sy teenwoordigheid.

5. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,

6. julle, nageslag van Abraham sy dienaar,nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.

7. Hy, die Here, is ons God;sy reddingsdade strek oor die hele aarde.

8. Hy hou sy verbond altyd in stand,die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,

9. die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,sy eed aan Isak.

10. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.

11. Hy het gesê:“Ek gee Kanaän vir jouas grondgebied en eiendom.”

12. Toe hulle nog maar min was,net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land,

13. toe hulle van volk na volk geswerf het,van die gebied van die een volk na dié van 'n ander,

14. het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie,en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku:

15. “Moenie aan my gesalfdes raak nie,moenie my profete kwaad aandoen nie!”

16. Toe Hy hongersnood oor die land gebring heten al hulle kos laat opraak het,

17. het Hy iemand voor hulle uit gestuur:Josef is as slaaf verkoop.

18. Hulle het sy voete geboeien hom in die gevangenis gehou

19. totdat sy woorde bewaarheid is,nadat hy die toets deurstaan hetmet wat die Here aan hom bekend gemaak het.

20. Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom;die heerser oor baie volke het hom vrygelaat

21. en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding,met gesag oor al sy besittings.

22. Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveelen selfs aan hoë amptenare leiding gee.

23. Israel het na Egipte toe gekom,Jakob kon in die land van Gam gaan woon.

24. Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak,talryker as hulle onderdrukkers.