Afrikaans 1983

Psalms 105:38-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

38. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het,want hulle was skrikbevange oor die Israeliete.

39. Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulleen 'n vuur gegee om lig te maak in die nag.

40. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat komen sy volk met brood uit die hemel versadig.

41. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroomwat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het.

42. Ja, Hy het sy heilige belofteaan sy dienaar Abraham gestand gedoen